in Edinburgh om opleiding te ontvang saam met so 20-30 ander
predikante van Free Church of Scotland. Dalk is die beste ding om te
doen, om vir die volgende paar dae oor Matt 10 te blog...
Die hoofstuk werk min of meer so: Jesus roep die twaalf dissipels
(insluitend Judas) en gee vir hulle die mag om bose geeste uit te dryf
en om siektes te genees (die krag van die nuwe koninkryk). Dit is die
een ding wat hulle saambind. Met hierdie mag word hulle uitgestuur,
die wêreld in om aanvaar of verwerp te word. Hulle getuienis (dat
daar 'n nuwe koninkryk kom waar daar nie bose geeste of siekte gaan
wees nie) bring verdeelheid in elke deel van die samelewing. Alle
mense gaan anders reaggeer teenoor God se profete (toe en vandag en in
die toekoms). Sommiges sal hulle in hulle huise ontvang, ander nie.
Sommiges gaan hulle oorgee om gegesel te word maar die Heilige Gees
sal vir hulle die woorde gee om te sê (v 20). Broers sal mekaar
veraai, en vaders hulle kinders. Miskien is die hart van hierdie
gedeelte vers 32 (kyk ook na vers 39):
"Whoever acknowledges me before men, I will also acknowledge him
before my Father in heaven. But whoever disowns me before men, I will
dosown him before my Father in heaven."
Waar is die Evangelie in dit alles? Ek dink dit is in Judas
Iskariot. Hy is een van die wat al hierdie wondertekens sien en dit
self beleef. Hy is self een van die wat instaat is daartoe om mense
te bevry en gesond te maak... en tog verraai hy vir Jesus aan die
einde. Sy liefde vir geld was sterker as sy liefde vir Jesus. En hoe
is dit Evangelie? Dit is veronderstel om ons wakker te maak. Moenie
dink dat jy gered is omdat jy kerk toe gaan, of die krag van 'n stille
geloof ervaar nie en nie liewer is vir Jesus en meer uitsien na sy
koninkryk as wat jy uitsien na die vervulling van jou eie drome nie.
Ons geloof moet werklike vrugte dra - dit moet ons motiewe bepaal en
beïnvloed. As dit nie die sentrale motief in ons lewens is - selfs
meer belangrik as familie, werk en verhoudings nie - moet ons ernstige
self-ondersoek doen.
Wat is die son waar rondom jou planete wentel? Is jy en jou behoeftes
die son, of is God en sy koninkryk dit waar rondom jou lewe draai?
Ons kan die krag van die koninkryk ervaar sonder om daarvan deel te
wees - is jy deel van dit? Wie of wat het jy liewer as vir Jesus en
sy koninkryk? Lees openbaring 5 en vra jouself - is dit wat ek liewer
het, werklik meer werd as Jesus? Kom ons bluff onsself nie, want eers
as ons so eerlik was met onsself en met God kan ons begin groei in ons
lewe vir Hom.
Kruger De Kock
077 8085 1135
020 7394 6558
kruger@canadawaterkerk.com
Comments