Skip to main content

Posts

Showing posts from January, 2008

Die koninkryk is soos... (Matt 13)

"...'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê.  Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land." Matt 13:44 Gaan kyk na hierdie video as jy wil sien watter impak die koninkryk op ons lewens moet hê: http://www.modernparable.com/index.php?option=com_content&task=view&id=38&Itemid= As jy ooit 'n spaar £100 het, koop hierdie reeks van 6 gelykennisse vir die kerk...

Saam met die Koning van die nuwe Koninkryk - Matt 12

Toe ek hiermee begin het, het ek geweet dat dit gaan gebeur.  Ek gaan gereeld op 'n hoofstuk afkom waaroor ek veel meer moet sê en dink as wat mens in 'n uur kan doen.  Hoofstuk 12 is een van daai.  As jy dit gelees het sal jy sien dat daar drie groot issues is wat mens nie kan ignoreër nie.  Jesus se uitsprake oor die Sabbat, sonde teen die Heilige Gees en die teken van Jona.  Nou voordat ek my daarin begeef, kom ek probeer eers die hele hoofstuk, en sy plek in die boek verstaan.   Ons weet sonder twyfel nou al dat Matteus tot dusver vir ons wys dat die Koning van 'n nuwe, beter, kragtiger koninkryk hier is.  So wat ons ookal sê van hoofstuk 12, dit moet êrens aansluit by die koninkryk.  As ek weer deur dit lees sien ek nogal 'n sterk lyn wat hieroor gaan - al is dit bietjie met 'n ompad.  Die gedeelte begin met Jesus en sy dissipels wat koring eet op die sabbat (wat dan vergelyk word met Dawid en sy manne wat in die tempel geeet het op die...

Hoe word ek deel van hierdie koninkryk - Matt 11

Eers 'n verskoning...  vandat ek laas week in Edinburgh was kon ek net nie weer terug kom in die ritme om elke dag te blog nie.  Dinge is lank nog nie terug na normaal toe nie, maar ek gaan nou net deur druk en dit weer begin doen. Ek het sopas deur die hele hoofstuk 11 gelees en daar is weereens baie wat ek kan sê oor die detail.  Maar ek verkies dit om die detail in die lig van die groter prentjie te sien - daarom dan die tema van hoofstuk 11 eerste.  Dit gaan oor hierdie vraag:  Hoe word ek deel van hierdie nuwe koninkryk?  Wat moet ek sien om die koninkryk te sien en daarvan deel te word?  Dit is die wese van die vraag wat Johannes vra, die rede hoekom Jesus kwaad is vir die dorpies waar Hy opgetree het en hulle Hom nie aanvaar het nie, en die slot van die hoofstuk - 'n verduideliking van Jesus oor hoe dit werk.  Johannes vra: "Is U die Een wat sou kom of moet ons 'n ander een verwag?"  Dit is waar hy begin.  En dit is redelik logies - 'n nuwe koninkryk ko...

Die nuwe koninkryk bring eenheid en verdeeldheid (Matt 10)

Vandag se post gaan definitief baie korter wees. Ek is op die oomblik in Edinburgh om opleiding te ontvang saam met so 20-30 ander predikante van Free Church of Scotland. Dalk is die beste ding om te doen, om vir die volgende paar dae oor Matt 10 te blog... Die hoofstuk werk min of meer so: Jesus roep die twaalf dissipels (insluitend Judas) en gee vir hulle die mag om bose geeste uit te dryf en om siektes te genees (die krag van die nuwe koninkryk). Dit is die een ding wat hulle saambind. Met hierdie mag word hulle uitgestuur, die wêreld in om aanvaar of verwerp te word. Hulle getuienis (dat daar 'n nuwe koninkryk kom waar daar nie bose geeste of siekte gaan wees nie) bring verdeelheid in elke deel van die samelewing. Alle mense gaan anders reaggeer teenoor God se profete (toe en vandag en in die toekoms). Sommiges sal hulle in hulle huise ontvang, ander nie. Sommiges gaan hulle oorgee om gegesel te word maar die Heilige Gees sal vir hulle die woorde gee o...

Great crack in Edinburgh while on Free Church of Scotland training

Jy wil nie so naby aan die water wees in 'n vliegtuig nie.

Steffan uit sy vel uit in 'n speelgoedwinkel

Die verjaardag maaitjie

Nuwe koninkryk, nuwe leier (Matt 9)

Ek het gister gesê dat al hierdie wonders wat Jesus doen voorsmakies was van die koninkryk wat Hy gebring het. Nadat ek Matteus 9 gelees het wil ek dit so bietjie verander: hierdie wondertekens wys nie net vir ons dat ‘n nuwe koninkryk met nuwe krag aangebreek het nie, maar dat Jesus die Koning van daardie nuwe koninkryk is. Verder probeer Matteus 9 vir ons wys hoe hierdie Koning is, hoe gaan Hy lei. Matteus gee vir ons ‘n paar leidrade om so aan Jesus te begin dink. Sommer met die eerste verhaal in hierdie hoofstuk kom bewys Jesus dat Hy God en Koning van hierdie nuwe koninkryk is. Hy vergewe immers die verlamde man se sondes en lewer dan ‘n bewys dat dit werklik gedoen is deur die man te laat loop. Met ander woorde, Jesus kom claim om God self te wees (net Hy kan sondes vergewe) en bewys dan dat Hy is (die man staan op en loop). In die volgende gedeelte roep Hy ‘n dissipel, iemand wat Hy in besonder gaan leer om sy volgeling te wees. Weereens is dit ‘n leidraad dat Jesus die Ko...

Nuwe koninkryk, nuwe krag (Matt 8)

Ek volg nou nie eintlik die geveg vir die volgende president van Amerika nie, maar van wat ek so langs die pad optel is beide Barack Obama en Hillary Clinton vurige sprekers. Ek kan myself voorstel dat hulle ‘n gehoor aan die brand kan praat met allerhande planne vir die toekoms van Amerika en hoe hulle nuwe regering die plek gaan verander. Stel jouself nou voor dat hulle na hulle speech, van die verhoog afklim en die goed wat deel gaan wees van hulle regering vir mense kan wys - amper ‘n soort voorsmakie van hoe dit alles eendag gaan lyk. Op ‘n baie groter vlak is dit presies wat Jesus hier doen. Na die bergrede (Matt 5-7) klim hy van die verhoog af en gaan van dorp tot dorp en gee vir ons ‘n real life voorsmaak van hoe sy nuwe koninkryk gaan wees. In hoofstuk 8 het ons die genesing van ‘n melaatste man, die genesing van ‘n Romeinse offisier se slaaf, die genesing van Petrus se skoonma, Jesus wat die storm stil maak en die genesing van mense wat beset is deur ‘n bose gees. Hi...

Nuwe koninkryk, nuwe wette (Matt 5-7)

Matteus 3 en 4 het dit baie duidelik gemaak dat hier nou ‘n nuwe begin is - ‘n nuwe koninkryk. Dit is immers die woorde waarmee hoofstuk 4 afsluit. In Matteus 5 gee Jesus nou die grondwet van hierdie nuwe koninkryk. Dit word die bergrede of die ’sermon on the mount’ genoem. Ek is nie heeltemal seker hoe om dit verder te bestudeer nie want ek kan of doen wat ek gewoonlik doen en dit is om die hooflyn van die hoofstuk en die storie te volg. Die ander opsie is om in detail by elke sin stil te staan en daaroor te dink. Ek gaan seker maar iets tussenin probeer doen want die bergrede gaan vir nog twee hoofstukke aan… Dit lyk vir my of die begin van hierdie grondwet iets van ‘n preamble het - ‘n soort inleiding. Ek het sommer vir interresantheid gou gaan kyk na die grondwet van Suid-Afrika se preamble om ‘n idee te kry van hoe dit ooreenstem met die koninkryk van die hemel (Die UK het nie ‘n geskrewe konstitusie nie! Die parlement maak hom op soos hulle aangaan). Hier is hy: We, the peop...

Dit is regtig 'n nuwe begin (Matt 4)

Ek het toe besluit om Sondag oor verlede week se oordenking in Matteus 3 te preek, en ek het dit baie geniet om bietjie harder te gaan werk met die teks. Daar is veral een ding wat baie duidelik geword het toe ek Matteus 3 beter probeer verstaan het: Jesus se doop, die Heilige Gees wat soos ‘n duif op Hom kom en God se woorde uit die hemel dat Hy Hom oor sy Seun verheug was al drie tekens wat vir ons moes wys dat Hy ‘n nuwe begin kom maak het. Dink bietjie daaroor. Watter gebeurtenis wat in die verlede plaasgevind het, het water, ‘n duif en God se vreugde in gemeen? Dis dit - die sondvloed met Noag se ark en die duif wat nie terug gekom het toe hy ‘n plek gekry het om te sit (die teken dat die grond droog was en dat hulle kon uitgaan). Net soos die sondvloed ‘n nuwe begin was, so was Jesus se koms ‘n nuwe begin. ‘n Nuwe Koninkryk maar met hierdie groot verskil - die probleem van ons harte wat net die slegte wil doen word aangespreek. Jesus kom, en sy nuwe koninkryk word gekenmerk ...

'n Honger mens kan eet (Matt 3)

In Matteus 1 en 2 het dit hoofsaaklik gegaan oor Jesus se ‘credentials’, die bewyse dat Hy die beloofde Messias van die Vader is. In Hoofstuk 3 is daar ‘n oorvleuling tussen hierdie tema en ‘n nuwe tema - die begin van Jesus se bediening (of die koms van die koninkryk). Wat my opval van die ‘credentials’ wat Matteus noem is dat hy nou baie duideliker is as in die vorige hoofstukke oor Jesus se identiteit (Markus begin sy evangelie sommer deur in die eerste vers te sê wie Jesus is). Met Johannes se aanhaling uit Jes 40:3 sê hy immers dat hy die pad reguit maak vir die Here. Dit is ‘n redelike skokkende aanspraak. Dan hoor ons dat hierdie een wat na Johannes kom met die Heilige Gees en vuur gaan doop. Ook hoor ons dat Johannes aanvanklik weier om Jesus te doop, wat beteken hy erken dat Jesus nie die doop van bekering nodig het nie: Hy het geen sonde in Hom nie. Uiteindelik doop hy vir Jesus en dan kom die grootste aanspraak en mees duidelikste beskrywing van wie Jesus is: “Daar was ...

God is in beheer... van die fynste tot die grofste besonderhede (Matt 2)

So vanoggend lees ek Matteus 2 en ‘n paar vrae het my onmiddelik geslaan. God laat ‘n ster rondbeweeg om vir die wyse manne te wys waar Jesus is, Hy verskyn in drome aan Josef en aan die wyse manne maar Hy stop nie die kindermoorde wat Herodes gepleeg het nie… En eerder dat hierdie hele gedagte my moet laat wegsink in afkeur teenoor God hou dit die meeste rede ooit in om Hom juis te eer. Hy was deur dit alles besig, om ten spyte van ons sondige natuur (Herodes se magsbeheptheid is nie veel anders as ons eie nie) elke woord van die profete te vervul, tot in die fynste besonderhede. God is self besig om sy Verlosser elke profesie wat oor Hom gemaak is te laat vervul sodat daar geen twyfel kan bestaan dit dit wel Hy is nie, en dat Hy van God af kom (en nie van ons af nie). Hier is hoekom ek so sê: elke deel van die storie eindig met ‘n profesie wat vervul word deur die voorafgaande. In vers 13, nadat die wyse manne Jesus kom vereer het verskyn ‘n engel van die Here aan Josef en sê d...

Begin by die begin (Matt 1)

Ek het besluit om vir die volgende paar weke deur die Evangelie van Matteus te lees en daaroor te blog. Ek is seker die geslagsregister in hoofstuk 1 is die rede dat mense wat die nuwe testament vir die eerste keer lees ‘n bietjie skrik vir die Bybel, en eintlik is daar nie veronderstel om ‘n rede te wees nie. Hierdie hoofstuk maak dit net baie duidelik dat wie Jesus is deel is van ‘n duisende jare lange ontwikkeling. If anything, maak dit duidelik dat Jesus ‘n werklike historiese figuur is - iets wat selfs ongelowige historici lankal al aanvaar. Maar wat leer die geslagsregister my? Een - dat dit nie noodwendig die beste voorsate is nie. Rut was immers ‘n Moabiet, ‘n volk wat afstootlik was in die oë van die Jode. Dan is daar Salomo wat gebore is by die vrou van Urija - die man wat Dawid laat vermoor het… So net dit - God laat sy Seun gebore word uit ‘n swak geslagsregister. ‘n Bewys dat Hy sou kom om te ly eerder as om te heers. Verder moet dit ons verstom om te dink dat Jesus ...

Kom ons kyk

Ek is maar redelik versigtig vir vet voornemens met elke nuwe jaar, dalk is dit die rede dat ek tot op die nippertjie gewag het om hierdie net te doen. Wat ek graag wil doen is om ‘n plek te hê waar ek my stiltetyd kan bedink, bepraat, bestoei en bewaar. So, jy is welkom om te kom bespiegel maar met hierdie een proviso - ek gaan die minimum tyd aan hierdie ding spandeer. Moenie lang redekabels verwag nie, en moet nie dink ek gaan in moeilike gesprekke betrokke raak nie. Hierdie is ‘n plek vir plain, straight-forward reaksie op wat ookal ek in my stiltetyd gehoor het. Ek wil elke dag daarby probeer stil staan, en behoorlik daarna luister - anders gaan dit net by my verby.Dit is presies wat ek die afgelope week in Suid-Afrika beleef het. Ek het die paaidjie na die plaas toe al soveel keer saam met my skoonpa gery en net altyd die bome as ‘n dowwe groen streep langs die motor verby sien smeer. Maar dit het alles verander toe ek die bome begin raaksien het. In die voorkant van ‘n voë...