Matteus 3 en 4 het dit baie duidelik gemaak dat hier nou ‘n nuwe begin is - ‘n nuwe koninkryk. Dit is immers die woorde waarmee hoofstuk 4 afsluit. In Matteus 5 gee Jesus nou die grondwet van hierdie nuwe koninkryk. Dit word die bergrede of die ’sermon on the mount’ genoem. Ek is nie heeltemal seker hoe om dit verder te bestudeer nie want ek kan of doen wat ek gewoonlik doen en dit is om die hooflyn van die hoofstuk en die storie te volg. Die ander opsie is om in detail by elke sin stil te staan en daaroor te dink. Ek gaan seker maar iets tussenin probeer doen want die bergrede gaan vir nog twee hoofstukke aan…
Dit lyk vir my of die begin van hierdie grondwet iets van ‘n preamble het - ‘n soort inleiding. Ek het sommer vir interresantheid gou gaan kyk na die grondwet van Suid-Afrika se preamble om ‘n idee te kry van hoe dit ooreenstem met die koninkryk van die hemel (Die UK het nie ‘n geskrewe konstitusie nie! Die parlement maak hom op soos hulle aangaan). Hier is hy:
We, the people of South Africa, Recognise the injustices of our past; Honour those who suffered for justice and freedom in our land; Respect those who have worked to build and develop our country; and Believe that South Africa belongs to all who live in it, united in our diversity.
We therefore, through our freely elected representatives, adopt this Constitution as the supreme law of the Republic so as to
Heal the divisions of the past and establish a society based on democratic values, social justice and fundamental human rights;
Lay the foundations for a democratic and open society in which government is based on the will of the people and every citizen is equally protected by law;
Improve the quality of life of all citizens and free the potential of each person; and
Build a united and democratic South Africa able to take its rightful place as a sovereign state in the family of nations.
May God protect our people.
Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika. God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.
Ek beplan definitief nie om dit in detail te bekyk nie! Wat my wel opval is dat ‘n grondwet die doel het om ‘n land so te laat regeer dat dit tot voorspoed lei. Maar self die grondwet beroep hom op hoër gesag as dit by so iets soos seën kom. Hier in die laaste gedeelte is dit amper asof die konstitusie sê: ons gaan alles doen wat ons kan, maar God bepaal uiteindelik of die gaan werk of nie. Kyk ons na Jesus se grondwet sien ons dat hierdie nie ‘n soort aftertought is nie, maar dat dit die grondbeginsel van sy grondwet is. Kyk net hoe begin elke sin in Matt 5:3-12 met die woord ‘geseënd’. Dit is ‘n passiewe werkwoord. Seën is nie iets wat jy maak nie, dit is iets wat God gee. Dit gebeur moet jou… God die Vader,Seun en Heilige Gees (en nie die algemene god waarna die Suid-Afrikaanse grondwet verwys nie) is die bron van alle seën. As Hy die nie in die eerste plek gee nie, is daar nie seën nie…
Maar kyk na wie geseënd is. Die wat afhanklik van God, hartseer, sagmoedigheid, honger en dors, barmhartigheid, rein van hart, vredemakend en vervolgd is. As dit is wie die geseëndes is, is ek hard-pressed om aan enige iemand te dink wat die seën kan kry. Ek kan aan individue dink wat een of twee of drie van hierdie vereistes voldoen maar wat dan weer vou op die res. Die reinheid van hart een is seker die vereiste wat niemand maak nie - van Madiba tot Moeder Teresa sal jou kan vertel hoe hulle op ‘n stadium haat en wraak gekoester het teenoor mense wat hulle te na gekom het. Almal behalwe Jesus Christus. Hy was al hierdie goed en meer… Hy was totaal en al afhanklik van God (soos gister se gedeelte gewys het, haal Hy God se Woord aan as die duiwel Hom versoek - tot aan die kruis soek Hy sy lewenskrag net by Hom), hartseer oor mense se hartseer, sagmoedig teenoor mense wat Hom te na gekom het, vele maal honger en dors na dit wat reg is, barmhartig en bo alles… rein van hart. Hoe weet ons dit? Daar is baie bewyse maar twee wat my oortuig. Terwyl Hy aan die kruis hang bid Hy dat die Vader hulle sal vergewe, en die ander is dat die Regter van ons harte na Hom kyk en sê: “Ek verheug my oor Hom.” (Matt 3:17). Dan is dit nie net leë woorde nie, maar Hy neem Hom voor die oë van 500 mense in die hemel op om by Hom te wees - die ultimate bewys dat Jesus rein van hart is, soos wat die Vader is (Matt 5:48)!
Maar hierdie preamble is nie net ‘n inleiding tot die res van die grondwet nie, dit sê wie in die koninkryk gaan inkom en as ek dit reg verstaan beteken dit dat niemand behalwe Jesus daar gaan wees nie. Net Hy is immers alles wat die grondwet vereis… As jy nog enige oortuiging nodig het dat jy dit nie op jou eie gaan maak nie, lees gerus die res van die die bergrede (Matt 5-7). En dit is presies waarvoor Jesus hierdie wette gee - om almal wat rondom Hom staan wakker te maak dat as hulle dink hulle dit deur goeie werke gaan maak, hulle in is vir ‘n verassing. “As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as die van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” Matt 5:20
So dit is hoe ek hierdie gedeelte lees en gebruik - om my van my eie sonde en gebrek te oortuig. Met ander woorde, om die mat onder my uit te trek en my te oortuig dat ek geen meriete/status/reg het om in hemel toegelaat te moet word nie. Ek maak nie die vereistes nie. Soos wat party mense net nie genoeg punte het om die Highly Skilled Migrant Work Permit te maak nie, so maak ons nie die vereistes vir God se koninkryk nie. Maar hoe gaan ons dit dan maak? En hoekom sê Jesus, as afsluiting van sy grondwet dat iemand wat hierdie woorde hoor en gehoorsaam is soos iemand wat sy huis op ‘n rotsfondasie gebou het? Dit voel dan eerder vir my asof my huisie in sy peekie in is as ek na sy Woorde hier luister…
En hier is die geheim, die regte reaksie op hierdie harde, moeilike vereistes van God se wet. Hier is wat hierdie woorde in ons moet regkry sodat ons op die vaste fondament van Hom, die ware rots bou (Hierdie is ‘n gebed van die Purityne van Skotland in die Sewentiende Eeue):
Lord, high and holy, meek and lowly, Thou hast brought me to the valley of vision, where I live in the depths but see Thee in the heights; hemmed in by mountains of sin I behold Thy glory. Let me learn by paradox that the way down is the way up, that to be low is to be high, that the broken heart is the healed heart, that the contrite spirit is the rejoicing spirit, that the repenting soul is the victorious soul, that to have nothing is to possess all, that to bear the cross is to wear the crown, that to give is to receive, that the valley is the place of vision. Lord, in the daytime stars can be seen from deepest wells, and the deeper the wells the brighter Thy stars shine; let me find Thy light in my darkness, Thy life in my death, Thy joy in my sorrow, Thy grace in my sin, Thy riches in my poverty, Thy glory in my valley.
Dit is wat ek nou weer gaan doen. Ek gaan Matteus 5-7 lees en nie eenkeer verskonings probeer uitdink om die gedeeltes nie te verstaan soos Jesus hulle sê nie. Ek gaan dit lees, my sonde sien, na my hart - die oorsprong van hierdie sondes kyk en dit voor God breek. Alleen dan, as ek geen oortuiging meer oor het dat ek verdien om voor Hom te staan nie, alleen dan sal ek oortuig wees dat Hy al die rede het om my op te tel en aan te neem ter wille van wat Jesus Christus in my plek gedoen het.
Comments