Die volgende goed gebeur in Matt 14: Johannes die doper se dood word aan Jesus vertel, Hy gaan na 'n stil plek toe om alleen te wees, die mense volg Hom, Hy maak baie van hulle gesond en gee vir meer as 5000 mense kos, daarna bly Hy alleen agter. Die volgende more loop Hy op die water na sy dissipels toe, hulle aanbid Hom en waar hulle aan wal gaan keer Jesus nie dat die mense van oral kom om deur Hom genees te word nie. So die opsomming van die hoofstuk vir my is: Johannes die doper se dood laat Jesus besef dat die tyd van sy eie lyding naby gekom het. Van hier af gaan Hy geen geheim meer maak van wie Hy is nie, en sy lyding gaan daarom binnekort verskerp. Die gedeelte oor Johannes se dood lees soos 'n riller. Herodes hou 'n partytjie waarby Herodias se dogter toe so verlydelik gedans het dat Herodes haar wou beloon. Hy lĂȘ toe 'n eed af om vir haar enige iets te gee wat sy vra... al vra sy vir die helfte van sy koninkryk. Sy vra toe die een ding wat 'n Hero...
No longer will there be anything accursed, but the throne of God and of the Lamb will be in it, and his servants will worship him. They will see his face, and his name will be on their foreheads. And night will be no more. They will need no light of lamp or sun, for the Lord God will be their light, and they will reign forever and ever. Revelation 22:3-5