Die volgende goed gebeur in Matt 14: Johannes die doper se dood word aan Jesus vertel, Hy gaan na 'n stil plek toe om alleen te wees, die mense volg Hom, Hy maak baie van hulle gesond en gee vir meer as 5000 mense kos, daarna bly Hy alleen agter. Die volgende more loop Hy op die water na sy dissipels toe, hulle aanbid Hom en waar hulle aan wal gaan keer Jesus nie dat die mense van oral kom om deur Hom genees te word nie.
So die opsomming van die hoofstuk vir my is: Johannes die doper se dood laat Jesus besef dat die tyd van sy eie lyding naby gekom het. Van hier af gaan Hy geen geheim meer maak van wie Hy is nie, en sy lyding gaan daarom binnekort verskerp.
Die gedeelte oor Johannes se dood lees soos 'n riller. Herodes hou 'n partytjie waarby Herodias se dogter toe so verlydelik gedans het dat Herodes haar wou beloon. Hy lê toe 'n eed af om vir haar enige iets te gee wat sy vra... al vra sy vir die helfte van sy koninkryk. Sy vra toe die een ding wat 'n Herodes nie gedink het nie - vir Johannes se kop in 'n skottel. Johannes het vir Herodes moeilikheid gegee al was hy in die tronk. Hy het nie opgehou om teenoor Herodes te getuig dat hy nie sy broer se vrou, Herodias mag steel as sy vrou nie. Hierdie was natuurlik nie net 'n probleem vir Herodes nie, maar ook vir sy vrou Herodias. So wie anders het die voorstel gemaak dat die danseres hiervoor vra? Niemand anders as Herodias nie...
Toe Jesus hiervan hoor sê vers 13 dat Hy wou alleen wees. Hy het toe in 'n skuit geklim, net om aan die ander kant te kom en 'n menigte mense te sien. Vers 14 sê Hy het hulle innig jammer gekry en toe die siekes onder hulle begin genees.
Wat gaan hier aan? Hoekom reageer Jesus so? Ek dink dit is redelik obvious. Hy is verskriklik hartseer oor die lot van sy mense onder leiers soos Herodes! Kyk net hoe het Herodes sy besluit geneem. Opgrond van die hoeveelheid testosteroon in die vertrek! Hy is die ware man en hy gaan vir die wêreld wys hoe vrygewig hy is. Hoe stupid is dit? Om by 'n partytjie vir die meisie wat dans te sê dat sy enige iets kan vra en sy sal dit kry?! GGrrrrrr. Dit gee mens koue rillings as jy dink waarvoor sy toe vra.
Maar miskien moet ons nie so vinnig oordeel nie en net vir 'n oomblik terugstaan en kyk wat dit vir ons sê. Is ek en jy nie ook instaat om presies dieselfde fout te gemaak het as wat Herodes gemaak het nie? Is ons ook nie instaat om in 'n oomblik van dwaasheid 'n simpel ding te sê en onsself diep in die moeilikheid te kry nie? Eers as ons dit besef besef ons waarom Jesus ons skielik so innig jammer gekry het. Ons is van nature stupid! Ek kan (en maak) soms besluite op presies dieselfde manier as Herodes maak... As ek (of jy) die leiers van die wêreld moes wees was ons almal knie diep in die moeilikheid.
Maar daar is nog 'n dieper rede waarom Jesus weggaan om alleen te wees. Johannes die doper was sy voorganger, die een wat in die Ou Testament beloof is om voor die Verlosser uit te gaan en sy koms aan te kondig. En nou is Hy deur loutere waansin vermoor! Vir Jesus was dit die teken: jy gaan dieselfde pad stap.
Maar besef vir een oomblik dat Jesus nie net 'n mens is nie, maar ook die Seun van God en God self. Besef vir een oomblik dat Hy die Een is waadeur alles (die heelal) geskep is, dat Hy van alle tye af in die Vader se heilige teenwoordigheid was, dat Hy die vreugde gehad het om in 'n ongehinderde verhouding met die Vader te wees van alle tye af, dat Hy in wie daar geen sonde is nie binnekort soos 'n vervloekde misdadiger gekruisig gaan word... deur die einste mense vir wie Hy gaan sterf om hulle te red. Ons kan ons nie indink in wat Jesus Christus op daardie stadium moes beleef nie!
(Ek wil nog meer tik, maar ek moet binnekort gaan). So hier is die draaipunt in Jesus se bediening. Van hier af gebeur nie meer wat ons vroeër gesien het nie - toe Jesus mense gevra het dat hulle moes geheim hou wie hulle genees het. Nee, nou maak Hy duidelik wie Hy is. Hy doen groot aanskoulike wonders wat die woord deur die samelewing stuur dat Hy die Seun van God is.
Toepassing? Sien opnuut weer wat dit Jesus gekos het om ons van onsself te red. Ons is van nature nie beter as Herodes nie... Sien ook dat Jesus sy opoffering gewillig doen, gedryf deur liefde en hartseer vir sy mense. Uit liefde vir ons begin Hy om sy lydingsweg te begin loop. Binnekort gaan Hy gekruisig word, dan het dit hier begin - by die besef dat as Hy ons nie red nie, ons kan onsself verseker nie red nie.

Comments