Skip to main content

Posts

Showing posts from April, 2008

Die Koning is werklik (Matt 15)

Vir die van julle wat by gisteraand se preek was sal dit nogal treffend wees dat die gedeelte waaroor ek vandag blog juis Matt 15 is. Soos julle seker kan sien het ek lanklaas hierby uitgekom… ‘n simptoom van my hart wat in die afgelope paar maande al hoe kouer en harder geword het. Nou kom God en sĂȘ in Lukas 15:8 presies dit wat my weer na Hom toe terug gebring het: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af….” Aaargghhhh. Dit is presies wat in my moed geleef het vir die afgelope paar maande! Maar dank God dat Hy ‘n Inbreker is. Dat Hy nie wag om genooi te word nie, maar op sy eie inisiatief en uit genade en liefde sommer net opnuut op ons inbreek maak. Vir my het Hy die woorde van Openbaring 7, 21 en 22 gebruik om vir my opnuut weer te wys wie Hy is! En kyk ons deur daardie gedeeltes (spesifiek Open 7:14-17 en 22:2) na Matt 15 sien ons die Opgestane Jesus voordat Hy opgestaan het. Jy kan nie anders as om die Koning van Openbaring 21 en 22 te sien i...

Breakfast boeties

Besom Conference 2008

Boeties

Nou word hy 'n laaitie